Die WRSA kry ‘n nuwe president

Ons gesels met Wiaan van der Linde, die nuwe president van die WRSA oor sy kennis en liefde vir die natuur, sy betrokkenheid in die industrie en sy vooruitsigte vir die toekoms.

Wiaan is al van ‘n  4-jarige ouderdom bloodgestel aan die natuur en onthou tot vandag toe nog die jag avonture wat hy saam met sy Oupa, Pa en broers gehad het. Vandaar het hy die natuur leer ken en liefkry.

Wiaan se dit was nooit ‘n direkte doelwit om President van die WRSA te wees nie; “Ek glo dit was ‘n uitvloeisel van my betrokkenheid in die bedryf die laaste 10 jaar. Ek was sedert die WRSA se stigting, 10 jaar terug, aktief by hulle betrokke. Ek was 4 jaar deel van hulle direksie en die laaste 2 jaar hulle visepresident. Ek sal graag as president van die WRSA wil verseker dat ons onsself so posisioneer dat ons pro-aktief uitdagings kan aanspreek en kan aanpas by die vinnige veranderinge in die wereld daarbuite. Ek sal baie nader aan die regering wil funksioneer en verseker dat daar meer indiep gefokus word op die bewaringselement van die industrie sodat dit vir almal ‘n wen-wen oplossing is. Verder sal ek graag wil werk om te verseker dat elemente soos teling, jag, wildvleisbewerking en bewaring volhoubaar bly vir die toekoms. ”

Ander toekennings wat Wiaan behaal het:

  • • 2012 WRSA se Wildboer van die jaar te wees. Ander toekennings :

  • • 2010 Een van 9 finaliste vir SA boer van die jaar en Noord Kaap boer van die jaar

  • • 2011 - Raptors toekenning vir bydrae tot beskerming van roofvoels (aasvoels) in Noord Kaap

  • • 2012 - Volksblad/Media 24, aangewys as  Noord Kapenaar vd Jaar

  • • 2012 - WRSA Wildboer van die Jaar

  • • 2015 - Phasa - "Utilization Award" vir betrokkendheid by totale waardeketting van industrie

Daar is drie elemente wat volgens Wiaan tot sy sukses bygedrae het, hulle is; harde werk – baie harde werk, moet nooit nee as ‘n antwoord aanvaar nie en laastens, omring jouself altyd met wonderlike mense. Hy praat met groot lof van sy sterk span op Wintershoek, wat hy saam met sy vennoot Hennie Gous bestuur; “Ek is gelukkig om mense soos Hennie en ‘n baie sterk span op Wintershoek, agter my te he. By die ander entiteite waar ek betrokke is is ek ook omring met ongelooflike positiewe individue wat my 100% ondersteun. Dit wat ons nie voor 12 klaar maak nie, maak ons na 12 klaar.”

Met sy lewensfilosofie van “sien eerder die oplossing raak as die probleem”, glo Wiaan dat die astronomiese hoe pryse wat sommige diere behaal nie ‘n rede tot kommer is nie. “Dit is die uitsondering en nie die reel nie en die gemiddelde van ons industrie is gesond en volhoubaar .”

Wiaan wil dit sy doelwit maak om vorentoe deel te wees van ‘n bedryf wat homself as “industrie van keuse” vestig en ‘n industrie wat onmisbaar is vir elke Suid-Afrikaner en wat Suid-Afrika weer ‘n top reis bestemming maak.

Wiaan se raad aan voornemende telers is om seker te maak jy het ‘n langtermyn plan, neem die behoeftes van kliente en verbruikers in ag en raak deel van die WRSA.